Scan100592

Resensie – “PUNT VAN DIE DOLK”

As `n voormalige inligting funksionaris in die Suid-Afrikaanse Weermag met drie en dertig jaar as lid van die Staande Mag op sy record, is die outeur Peet Coetzee in `n besonderse posisie om ‘n blik in retrospek op die voormalige spesiale magte te kan bied, asook op gespesialiseerde verkennings en militêre operasies tydens die grensoorlog. Laasgenoemde is dan waaroor sy nuwe bundels (Engels en Afrikaanse weergawes) getiteld “PUNT VAN DIE DOLK en POINT OF THE DAGGER” handel – dit bied, soos die sub-titel dit stel, “Verhale van Recce Kleinspan-Operasies” of dek verkennings operasies tydens die grensoorlog.

PUNT VAN DIE DOLK en POINT OF THE DAGGER, indien mens die bundel in jou hande betrag, is `n mooi boek met `n samehang van grafiese werk en foto’s op die voorblad – `n motief wat eintlik Peet Coetzee se boeke onderskei, nl. `n besonderse gebruik van illustrasies (soos foto’s en kaarte). Dit verleen aan al Coetzee se boeke `n aangrypende kwaliteit, iets ekstra en boeiend, maar onder hierdie oppervlak aangesig word die leser met en deur die insluiting en gebruik van kaarte, foto’s en sketse van `n werklik funksionele hulpbron voorsien. Dit dra ook tot PUNT VAN DIE DOLK en POINT OF THE DAGGER se toeganklikheid by, iets wat die hele bundel vanaf die uitleg tot die taal gebruik kenmerk. Verkenning en intelligensie werk, foto-ontleding en beeld vertolking is waar Coetzee se kundigheid as soldaat gelê het. En met hierdie twee boeke bied hy erkenning en hulde aan hierdie hele dissipline waartoe hy behoort.

PUNT VAN DIE DOLK en POINT OF THE DAGGER begin met `n hoofstuk wat historiese perspektief bied op Suid-Afrikaanse baasverkenners soos Generaal de la Rey, Danie Theron asook op een van die minder bekendes wie besonderse vermelding verdien, Majoor P.J. Pretorius. Die lg. het `n een man verkenningstog teen die Duitsers onderneem en het deurslaggewend tot die Britse oorwinning oor die Duitse skip Königsberg bygedra.

Dan, in Hoofstuk Twee, volg Coetzee se bekendstelling van twee “moderne” verkenning soldate: Kolonel André Diedericks, `n verkenner soldaat van die SAW en Kaptein Chris F. Schulenburg ʼn gewese lid van die Rhodesië se SAS en Selous Scouts. Die “kleinspan” idee is om in kleingroep verkenningswerk te doen, in plaas daarvan van om groot logistiek swaar georganiseerde groepe daarvoor te ontplooi. Kleinspanne het meer sukses om klandestien te verken en om ongesiens bv. Op vyandelike basisse te spioeneer gehad. Hoofstuk Drie tot Vyf dek operasies Interrupt, Barrage en Catamaran 2 wat deur die kleinspan van Diedericks uitgevoer was.

Hoofstuk Ses is gewy aan Majoor J. Greef van Spesiale Magte se 1 Verkennings-kommando. En vanaf Hoofstuk Sewe volg weergawe, vertelling en bespreking van verkenning werk tydens spesifieke operasies soos Amazon, Kerslig en Katiso.

Terrie 1a

Book Review – SPECIAL FORCES “JAM STEALER”/”ONS VERGEET NIE”

Book Review – SPECIAL FORCES “JAM STEALER”

Author Peet Coetzee served as a Permanent Force member in both the South African Air Force and Army, completing a distinguished career of 33 years as a Warrant Officer 1st Class. His speciality during the majority of his service was that of photographic interpretation, a task at which he proved to be extremely adept, and which saw him transferred to Special Forces, where he served for much of his career, in a ‘jam stealer’, or backroom role. This, his autobiography, is written primarily about his service with Special Forces, although the remainder of his time in the forces is covered too.

The author begins his story with a note, the first line of which states, “I am no writer, only a soldier...”. As one progresses through his story, you get the idea that he may be correct on both counts in part, though his tale is a heartfelt one and written exactly as he saw it. Chapter One gives the reader a brief resume of the author’s service career, and a clear perspective to what follows, and this is particularly useful as I personally found the later narrative did tend to jump around at times.

As I’ve said though, these criticisms are minor and overall the book is excellent, providing the reader with hours of entertaining stories about the author’s and others’ experiences within the SADF at the time, and for this reviewer, the first and most comprehensive account of the role played by a highly skilled specialist Photographic Interpreter (PI). The latter is covered largely in Chapter Two – Specialist Training, in which the author not only explains the role of the PI, but also includes many examples taken from his own operational experiences. All of the latter are well illustrated with black-and-white photographs taken during the mentioned operations, one of the truly outstanding features of this particular book. This reviewer has never seen as many photographs, maps and illustrations included in an autobiography of similar size and scope, and most are new to this reviewer too, not just tired repeats lifted from earlier publications. The author is to be congratulated on their inclusion, as they are a graphic reminder of not only his own service within the SADF, but any soldier, sailor or airman who served therein.

Further chapters include JARIC Training Wing - with details of the author’s role as trainer within the latter, The South West African Bush War – which covers the author’s overall service on the Border, both as young infantryman, dog handler and later PI, My Time With Special Forces – self explanatory, Operation Sceptic – in which the author took part, Operation Askari – ditto, three chapters covering the Recce bases at Fort Doppies, Fort Rev and Fort Foot, an operational area gallery of photographs, another chapter on Army Related Tales, Special Tributes ¬– including a moving one to the author’s late father, a World War Two veteran and later SADF dentist, and Cul-de-Sac, which documents the end of the author’s military career.

Having had the pleasure of reading Peet Coetzee’s account of his service as a P.I. ‘JAM STEALER’ within the SADF, I look forward in due course to reading his account of the dog soldiers, aptly named, DOGS OF WAR. You may not believe you are a writer Sergeant Major, but this reviewer (and former ‘JAM STEALER’) begs to differ.

Definitely recommended.

Resensie : “ONS VERGEET NIE”

ONS VERGEET NIE is die Afrikaans vertaling van die Engelse SPECIAL FORCES “JAM STEALER” wat in 2008 gepubliseer is. En dit geniet die erkenning wat JAM STEALER reeds verwerf het as ’n aangrypende oorlogsmemoir en as die mees omvattende en ryklik geïllustreerde van alle grensliteratuur boeke. As boonop een van die insiggewendste boeke oor die tegniese en praktiese aspekte van oorlogvoering in die konteks van die Grensoorlog glo ek ONS VERGEET NIE is ’n vertaling wat moes volg.

ONS VERGEET NIE is ’n persoonlike getuienis deur die skrywer, grootliks in eerstepersoonsvertelling, van sy ervaringe in die Bosoorlog en die 33 jaar wat hy soldaat was. Maar Peet Coetzee was geen gewone soldaat nie: Hy was toegevoeg tot die geledere van die Verkenning soldate; sy eenheid die beroemde en berugte “Recces”. Die eenheid was aan die front en het meestal agter die linies van die vyand opgetree. Coetzee is egter nie verknog aan sy eie ervaring nie. Hy bied ’n vertelling verweef met verwysing na groter aspekte van die oorlog soos beskrywings van skermutselings en veldslae, operasies en optredes, met weergawe en aanduidings van algemene en alledaagse lewenswyse van ’n soldaat.

Hy kan ervaring van individuele soldate op grondvlak aan die front beskryf, sowel as insigte bied oor die groter oorlog en die oorlogsmasjien van die weermag. En dit het ’n besonderse balans van perspektief tot gevolg. Hy bied tegniese aspekte en praktiese fasette van oorlogvoering toeganklik aan en slaan met gemak oor na persoonlike wedervaringe. Hierdie vertaling is in knap, eenvoudige, reguit Afrikaans en doen vir die Recces wat Die Buffel Struikel – deur Louis Bothma, vir 32 Bataljon gedoen het. Die indruk is dat die Recces nie net blindelings onverskrokke soldate met ’n “the devil may care but we don’t”- houding was nie, maar dat dit ’n gespesialiseerde eenheid was wat oorlogvoering in die Grensoorlog amper vervolmaak het.

Dit laat ’n mens met nuwe waardering vir dié professionele soldate. – Adriaan van den Berg, vryskutresensent vir die VOLKSBLAD.