K-9 Honde Soldate

Hier is die eerste boek van sy soort wat die geskiedenis van die Honde Sentrum reg vanaf die ontstaan in 1964 tot die wegkwyning van die eenheid in 2007 aan u uitbeeld. Met verbluffende kennis, humor, deernis en erns vertel die skrywer onderhoudend hoe honde vroeër deur die Weermag vir spesiale diens aangewend is. Die wisselwerking tussen die man en sy hond is ‘n fyn wetenskap. Die puik teling, kennis en opleiding van honde saam met hulle hanteerders was verstommend.

Gedurende die bosoorlog word vir die Honde en Berede Sentrums ’n unieke eenheid geskep, naamlik die SWA Spesialiste Eenheid. Twee medaljes was ook vir Dapperheid aan honde toegeken, soveel lewens was deur die toedoen van man se beste vriend gespaar, maar twee lede van die Taktiese Peloton en hul honde moes in die proses hul lewens vir hul land opoffer.

En in 2007 uit die bloute uit kom die doodslag. Die grootste Honde Sentrum ter wêreld word summier gesluit. Eensklaps bestaan daar nou blykbaar nie meer sekerheids probleme by enige van die eenhede wat voorheen honde aangewend het soos deel was van hul sekerheids plan.
Alles wat vermag was, was eensklaps van die tafel geveeg.

Ons Sal Julle Nooit Vergeet Nie.

Leave a Reply