Punt van die Dolk

Peet Coetzee het in Voortrekkerhoogte groot geword en vir drie en dertig jaar as Staande Mag lid in die ou Suid Afrikaanse Weermag gedien, tydens sy militêre loopbaan het hy onderskeidelik diens verrig in die SA Infanterie Korps en die SA Lugmag.

Tydens sy vorige twee boeke, SPECIAL FORCES JAM STEALER en ONS VERGEET NIE, het Coetzee reeds erkenning daarmee verwerf in ʼn resensie deur DIE VOLKSBLAD wat sy boeke beskryf het as ’n aangrypende oorlog memoir en as die mees omvattende en ryklik geïllustreerde van alle grensliteratuur boeke.

Hierdie boek toon die nodige eerbetoning deur middel van kort verhale van die Baas Verkenners van Suid Afrika terug daterend in die geskiedenis na die Tweede Boer Oorlog met helde soos De la Rey, Danie Theron en Hendri Slegtkamp. Die avontuurlike verhaal van Majoor P.J. Pretorius wat besig was om sy eie oorlog teen die Duitsers te veg in Duits Oos-Afrika, lank voor die Eerste Wêreldoorlog in Europa uitgebreek het. Hy het hom later onderskei om aangestel te word as die Hoof Verkenner van Generaal Jannie Smuts. Pretorius word ook vergelyk en gesien as soortgelyk aan die hedendaagse Recce operateur deur sy metodes en dade wat hy tydens daardie toegepas het.

Die skepper van die hoogs suksesvolle Kleinspan konsep was Majoor Chris Schulenburg G.C.V. wat onderskeidelik in die Rhodesiese SAS, Selous Scouts en Suid Afrika se Spesiale Magte gedien het. Spesiale Magte Kleinspan operasies met baas verkenning operateurs soos Kolonel André Diedericks HCS, HC, SM, MMM en Majoor Jack Greeff HC, PMM, MMM met hul spanmaats het die toepassing van die Kleinspan konsep suksesvol voortgesit in die menige klein span operasies wat in hierdie boek van vertel word.

Peet Coetzee is na skool-opleiding direk SA Weermag toe. Hy bekwaam homself as ʼn spesialis Lugfoto Ontleder en model bouer. Hy dien vir bykans dertien jaar by die Suid Afrikaanse Spesiale Magte as ʼn Inligting funksionaris wat hoofsaaklik foto ontleding behels het. Coetzee het fisiese deelname aan twee oorgrens operasies gehad naamlik: Operasie Sceptic en Askari. Peet het ʼn aandeel gehad in bykans al die SAW operasies waartydens die Beeld Vertolkers as ʼn span, teikens moes ontleed het.

Leave a Reply